Morgenzon Landbou Akademie
Bekostigbare skoolfonds, koshuisgelde en busvervoertariewe
maak die MLA ervaring moontlik.
Sien inligtingsbladsy vir meer besonderhede.
Kontakbesonderhede
Morgenzon Landbou Akademie is in Morgenzon, Mpumalanga geleë; 45 km Oos van Standerton, 45 km Wes van Ermelo en 40 Km Suid van Bethal.
Sien padkaart
| Telefoon: | 017 793-3089 of 017 793-3058 |
| Faks: | 017 793-3270 |
| E-pos: | mla@jenny.co.za |
| Web: | www.hsmorgenzon.co.za |
| Bemarker/Skakelbeampte: | Stefanie de Wit stefaniemla@yahoo.com |
Erekode
Ek beloof:
Om my inspirasie te put uit die wysheid van God's Woord;
Om my hoof, onderwysers en medeleerders te respekteer;
Om alle oproepe wat op my gemaak word te gehoorsaam;
Om my te onderwerp aan die reëls van hierdie skool;
Om alle opdragte stiptelik en nougeset uit te voer;
Om lojaal en getrou te wees aan hierdie skool,
wat ek sien as die bron van my kennis en vorming van my gees;
Om nougeset te let op my voorkoms en algemene netheid;
Om ywerig te studeer en my Godgegewe talente ten volle te gebruik;
Om deur 'n vriendelike, hulpvaardige en liefdevolle optrede
'n gesindheid van eenheid en samehorigheid te bevorder.
Skoollied
Op die Hoëveldse vlaktes staan die skool
waar ons aldag leer om te lewe
Te glo te dien te strewe
Met die Voortrekker aard as simbool
Ons ploeg en ons saai en ons maai
Ons gebak en ons naaldwerk is fraai
Ons werk en ons speel en ons leer
Tot ons Hoëveldskool se eer
al het ons ook so klein begin
Ons glo mos en ons sal oorwin
Gebind deur die band
van liefde en trou
wy ons hart en hand aan jou
Graad 8 ontheffing 2010
Hier is 'n foto van ons Gr 8's wat onthef is. Dit is 'n funksie wat die Landties (VLR) reël waartydens die Gr. 8's (wat Pitte genoem word) hul kleurbaadjies ontvang en dan as volwaardige Landties gesien word.
