Search:
Soek    


Bestuur

 

Beheerliggaam

As die bestuur van die Morgenzon Landbou Akademie (MLA) wil ons elkeen van u – ouers, leerders, voornemende leerders en hul ouers, belangstellendes, of terloopse webwerfbesoekers verwelkom by ons tuiste op die Internet. Ons waardeer u belangstelling.

Ons wil u verseker dat ons skool homself opnuut verbind om leerders in totaliteit deur toekomsgerigte, kwaliteitopvoeding te vorm. Dit gebeur omdat Morgenzon Landbou Akademie (MLA) onderneem om:

  • relevante onderrig in ‘n ontspanne atmosfeer te voorsien en om akademies uitnemend te presteer.
  • uitnemende deelname in ‘n verskeidenheid sport- en kultuuraktiwiteite aan elkeen te bied;
  • hulpbronne doelmatig en effektief aan te wend;
  • geestelik weerbaar te wees; en
  • ons Christelike oortuigings prakties uit te leef.

Morgenzon bied in 'n landelike omgewing:

  • Laer- en Hoërskoollewe met die beste wat die platteland kan bied, jy is ook deel van die opwindende Hoëveld boerderygemeenskap.
  • Alhoewel ons 'n akademiese skool is, het ons kleiner klasse met meer individuele aandag.
  • Ons berei jou voor vir die professionele wêreld van:
  • die Tuinboukundige, Landbounavorser, Landbouvoorligter, Veekundige, Veearts, Ingenieur, Boer, Plaasbestuurder, Tegnikus, Toerisme praktisyn en baie meer.

Op ons twee plase kan jy praktiese ervaring kry van ‘n groot verskeidenheid hoëveld boerdery aktiwiteite:

  • geniet die lekker plaaslewe in ons goed toegeruste koshuis vir seuns en dogters
  • die voordeel van erkende kursusse in wolklas, bees- en perdebeoordeling en KI
  • unieke ervarings en uitstappies word aangebied.

Ons bied regtig méér!


Ons het al die bekende sportsoorte, maar uniek aan die plaas, ook perdespring, dresseer, Polo Crosse en jeugskoukompetisie met die plaas se eie diere.

Ons heerlike kultuuraksies, wat alles insluit vanaf revue tot sokkies, is vir ons die belangrikste.

MLA wil aan jou kind – die beste geleenthede bied vanaf rekenaargeletterdheid tot verskeie toere reg deur die jaar.

Maak jou hoërskooljare ‘n onvergeetlike herinnering.

Morgenzon Landbou Akademie bied die volgende busdienste oor naweke en vakansies: Bapsfontein, Pretoria, Ermelo, Carolina, Crissiesmeer, Belfast.

Ons vertrou u geniet u kuiertjie op ons webwerf!

Vriendelike Morgenzon-groete,

Die Hoof en beheerliggaam.

BEHEERLIGGAAM

Naam

Telnr

Portefeulje Voorsitter

Mnr. William Drinkwater

  017 793 3089

Hoof

Mnr. Jannie v.d. Schyff

082 565 3518

Voorsitter Beheerliggaam
Voorsitter Dissiplinêre komitee

Mnr. Hennie Kotze

082 804 1780

Ondervoorsitter Beheerliggaam
Voorsitter Landboukomitee

Mnr. Jannie v Aswegen

082 495 9831

Voorsitter Batekomitee

Me. Antoinette du Toit

082 822 8900

Voorsitter Koshuiskomitee

Me. Juanita Bam

083 293 2210

Voorsitter Leerderkomitee

Me. Wiekie Zwarts

073 311 3961

Voorsitter Bemarkingskomitee

Mnr. F. Joubert

017 793 3089

Verteenwoordiger Onderwyspersoneel

Me. E. Pretorius

017 793 3089

Verteenwoordiger Onderwyspersoneel

Me. M. Malherbe

017 793 3089

Verteenwoordiger
 Nie-Onderwyspersoneel en Sekretaresse


Personeel


Mnr W L Drinkwater
Hoof


Mnr F J Joubert
Adjunkhoof, Landbou


Me A Kleyn
Departementshoof, Laerskool


Me J.Power
Departementshoof, Akademiese Vakke


Me E.P Pretoruis
Departementshoof, Opvoedkundigeleiding


Mnr A A Bothma
Departementshoof - Tegniese vakke

  Address:
Die Bult, Morgenzon
Tel :017 793-3089 of 017 793-3058
       


       

Kwikwap Webwerf Konsultant: Engela


Besoekers tot datum: 67329 Webwerf ontwikkel deur Kwikwap