MLA - POTPOURIE
'n Bietjie van Alles
Op hierdie bladsy wys ons vir u berigte, nuuswaardighede en foto's van algemene belang.
Gr. 8 KAMP
Morgenzon Landbou Akademie wil graag al ons nuwe Gr. 8's hartlik welkom toewens. Ons vertrou dat elkeen van julle 'n plekkie hier by ons sal vind en sien ons uit daarna om elkeen van julle te leer ken.
Hier is 'n paar foto's van ons Gr. 8's se kamp!




Groenpuntedag
Op 17 Oktober 2011 het MLA se leerders weereens 'n heerlike groenpuntedag gehad. Groenpuntedag word gehou vir alle leerders wat gedurende die jaar 'n totaal van 60 of meer groenpunte verwerf het. Groenpunte kan verwerf word deur sekere akademiese en sportprestasies asook deur hulpvaardigheid. Hier is 'n paar van ons kinders gedurende die waterkaskenades, vir meer foto's besoek gerus ons Foto Galery.






Entrepreneursdag
Op 16 September 2011 het Me. Charnel Geldenhuys weer Entrepreneursdag aangebied. Dit was 'n reuse sukses met 42 stalletjies wat ingeskryf het. Die volgende persone het ook ons Entrepreneursdag bygewoon en aangedui dat hulle baie beïndruk is met die kinders se stalletjies en ook die mate van deelname: Mnr. Skhosana, Hoof van Ekonomiese Bestuurswetenskappe (Nelspruit), Me. Irene Mabhena, Kurrikulum Implementeerder Gr. 4 - 6 en Me. Gerda Garnett-Bennett, Kurrikulum Implementeerder Gr. 7 - 9. Daar het ook altesaam 14 onderwysers van omliggende skole die geleentheid bygewoon, wie almal baie beïndruk was met ons leerders.






Vir meer foto's besoek gerus ons Foto Galery.
Deurnagsokkie!!!
MLA het op 15 September weer Deurnagsokkie gehad en die kinders het hulle behoorlik gate uit geniet! Dankie aan elke onderwyser wat bereid was om die slapies op te gee, dit word opreg waardeer! En van die skool se kant af wil ons graag elke leerder bedank vir hul deelname en uitmuntende gedrag.






Vir meer foto's besoek gerus ons Foto Galery.
Matriekafskeid 2011
MLA het op 2 September 2011 Matriekafskeid gehou en wat 'n asemrowende aand! Die aand was aangebied by Grasslands in Bethal, en ons opregte dank gaan aan die personeel wie se harde werk duidelik sigbaar was. MLA se matrieks was voorwaar voortreflik en MLA se bors het met trots geswel! Baie dankie aan die volgende personeel, sonder wie die aand nie 'n sukses sou wees nie: Me. Yolanda Koen, Me. Marinda Viljoen en Mnr. Cor Joubert. Graag wil ons sterkte toewens aan al ons Matrieks, ons weet sommer die toekoms knipoog blinkoog vir julle!













Vir meer foto's besoek gerus ons Foto Galery.
Graad 8 - Kamp 2011
By MLA oefen leerders nie net hard aan hul perdesport nie maar het tyd vir pret met die perde. Leerders vat van tyd tot tyd hul perde vir 'n swem in die dam, perde geniet die swemmery vreeslik.

Suksesvolle Kultivardag
MLA het in samewerking met die Morgenzon studiegroep ‘n groot kultivardag gehou.
Ons sê dankie aan al die maatskappye vir hul insette en vir die lekker braai en kuier daarna. Groot dank aan PANNAR, Pioneer, Dekalb, Monsanto, Linkseed, Klein-Karoo saad en die studiegroep-bestuur. Die mielies op die land waar die proewe geplant is lyk uitsonderlik goed en ons sien uit daarna om die uiteindelike resultate te sien.

MLA Weerbaarheidskursus
Die kursus bestaan uit ‘n teoretiese en praktiese gedeelte wat dan opgevolg word met eksamen in beide. Om die kursus te slaag moet die leerders 100% vir die prakties kry. Hulle leer onder andere van verskillende tipes brande en brandblussers, hulle moet ook ‘n vuur met die brandslang blus en om ‘n onbeheerde brandslang d.m.v “leopard crawl” onder beheer te bring. Die leerders het baie geleer en die kursus baie geniet. Ons wil graag Mnr. Ernst le Roux en sy brandweermanne, Alfred Mkhwanazi, Pretty Mahamusa, Zwelo Masango en Jacob Hlatshwayo, bedank vir hul bereidwilligheid om elke jaar die kursus te kom doen.
Dit bevorder beslis ‘n aangename gees tussen die leerders en brandweermanne.
Die Gr. 1’s – Gr. 3’s woon ook die kursus by en geniet dit baie om te sien hoe die groot kinders vure blus.
