MLA Kultuur
Revue 2011
Op 28 & 29 September 2011 het MLA se leerders en personeel weereens ouers vermaak met 'n wonderlike aand vol sang en passievolle danspassies! Hoërskoolleerders het van die aand gebruik gemaak om die danspassies wat hulle vir Kuns en Kultuur moes uitwerk, ten toon te stel terwyl Juffrou Wadi Venter die Laerskool gehelp het met hulle vertoning, Van Kruis tot Kroon, en het sy haar uitstekend van haar taak gekwyt! Aan elke leerder wat deelgeneem het, jy is puik en jou opofferings word raakgesien en waardeer. Vir elke onderwyser wat met afrigting gehelp het, baie dankie, julle is die hoeksteen waarsonder hierdie skool nie kan staan nie. Hieronder volg 'n paar foto's, vir meer besoek gerus ons Foto Gallery.












Landsdiens
Morgenzon landbou Akademie het 'n sterk Landsdiensklub wat die afgelope 4 jaar baie goed presteer het. In 2005 begin ons met 'n klub en in daar die jaar kry 2 van ons lede nl: Olaf Münnich en Allen Maree, Mpumalanga kleure.
In 2006 kry 5 van ons lede Mpumalanga kleure nl: Olaf Münnich, Allan Maree, Pieter Steyn, Christiaan Coetzee en Stephan Lambrecht.
In 2007 maak ons klub weer so en Allen Maree kry span en Corné en Tryphena van der Merwe (2 susters), C.J. du Toit, Albie Venter, Christiaan Coetzee en Stephan Lambrecht word in die B span opgeneem.
In 2008 kry 6 van ons lede weer Mpumalanga kleure, nl: Allen Maree, C.J. du Toit, Albie Venter, Jean Delport, Trypenha en Corné van der Merwe.
Ons klub het 'n verskeidenheid van aktiwiteite wat ons aanbied, naamlik: Kampe, uitstappies, lekker bymekaarkom geleenthede en opvoedkundige lesings.
Ons Landsdiens poog om gesonde, gebalanseerde jongmense die samelewing in te stuur deur die 4 liefdes van Landsdiens by hulle te kweek, naamlik:
- Liefde vir jou SKEPPER,
- Liefde vir jou MEDEMENS,
- Liefde vir jou OMGEWING,
- en Liefde vir ARBEID.
Ons leuse: DADE EN NIE WOORDE NIE, spreek hiervan.
MLA het die volgende skrywe vanaf Die Landsdiens Beweging Mpumalanga ontvang:
" Geagte Hoof en Personeel van Morgenzon Landbou Akademie
Met hierdie skrywe wil ons u hartlik gelukwens met u personeel en leerlinge se goeie gedrag tydens die Landsdiens Streekkamp van 2011. U kan met reg trots wees op hierdie leerlinge wat ware ambassadeurs van u skool was.
Die volgende leerlinge is gekies om Mpumalanga tydens ons jaarlikse Nasionale Kamp vanaf 2 - 6 Oktober 2011, te verteenwoordig. Dra asseblief ons gelukwensing aan die leerlinge en hulle ouers oor.
Allen Munnich
Lee-May Carver
Elbie Venter
Marnus du Toit
Nogmaals baie geluk! Ons is trots op die leerlinge wat Mpumalanga se naam hoog gaan hou.
Landsdiensgroete."
Onderteken deur: M. Greyling (Voorsitter) en B.Botha (Ondervoorsitter)
Lesotho Uitreik - sien fotos op die Foto Galery
Mosambiek Uitreik 2009
MLA saam Hoërskool Piet Retief het uitgereik en hulle harte opgemaak na die plaaslike skool. Bybels, skryfbehoeftes en papier is aan die personeel van die skool oorhanhandig. Hierdie was voorwaar ‘n belewenis vir elkeen wat deel daarvan was.
Op die foto verskyn Mnr. W.L Drinkwater - skoolhool van MLA - saam met ‘n personeel lid van die skool.

MLA Dans Weer!!!
Vanaf 1 Februarie 2011, word Ballroom en Latin dansklasse by MLA aangebied. Kostes beloop R150.00 per persoon per maand. Klasse vir die Laerskool word vanaf 16:00 tot 17:00 aangebied en vir die Hoërskool 18:00 tot 19:00. Klasse word ook vir volwassenes aangebied van 19:30 tot 20:30. Studente sal ook later die geleentheid gebied word om aan kompetisies deel te neem.
Die klasse word deur ‘n Dansstudio van Pretoria aangebied. Fooie moet asb. by Mev. W. Eksteen (kontakpersoon) inbetaal word, voor die 7de van elke maand. Kontak- en Bankbesonderhede kan op navraag by die skool verkry word.