Search:
Sport

 

MLA Sport

 


Atletiek

 

MLA het die 4de Februarie 2011 aan die middag-aand Atletiek byeenkoms op Carolina deelgeneem.

Ons kinders het baie goed gevaar hulle het 12 vierde plekke, 23 derde plekke 15 tweede plekke en 12 eerste plekke gekry.

Altesaam was daar 7 skole wat deelgeneem het onder andere Carolina, Pongola, Ogies, Belfast, Sybrand van Niekerk en Dirk Postma.

Hoffman Haasbroek is aangewys as die Junior Victor Lodorum 0/15 en hy is die Beste Baan atleet 0/15

en Marcell Pienaar is aangewys as die Junior Victrix Lodorum 0/15.

Baie geluk aan die atlete wat so goed gevaar het MLA is trots op julle!!

      


Top 10 Bethal

Daar was 35 skole wat deelgeneem het. Dit was ‘n puik byeenkoms en ons kinders het dit baie geniet.

Hoffman Haasbroek het ‘n tweedeplek gekry met die 300m hekkies!

             

      

            


Interlaer en Interhoër

Die Interlaer en Interhoër het die jaar 18 en 19 Februarie op ons tuisgronde plaasgevind.

Dit was ‘n groot sukses en het net positiewe terugvoer ontvang.

Met die Interlaer was Amersfoort, Wittenberg, Luneberg, Carolina, Amsterdam en Maranatha hier gewees.

Ons laerskool leerders het baie goed gevaar. Ons atlete het veertien 1ste plekke, agt 2de plekke en sewe 3de plekke gekry.

Atlete wat veral goed gedoen het was:

  • Dehan Saaiman, 1ste plek met Gewigstoot en 2de plek 80m Hekkies seuns 0/13
  • Lana Roux – 2de Hoogspring dogters 0/13
  • Evert Kleynhans – 1ste gewigstoot seuns 0/11
  • Gerco Smith – 3de gewigstoot seuns 0/11
  • Francois van der Watt – 3de hoogspring seuns 0/11
  • Rachelle Meyer – 3de 60m dogter 0/9
  • Gordon v Loggerenberg – 3de hoogspring seuns 0/12
  • Joey van Aswegen – 2de verspring dogters 0/11
  • Willem Jordaan – 1ste gewigstoot seuns 0/12

Francois du Plessis en Mnr. William Drinkwater. Hy is gekies vir die Victor Laudorum ouderdomsgroep 10-13 jaar. Hy het ook die volgende plekke behaal: 3de Hoogspring; 1ste 100m; 1ste 80m; en 1ste 70m Hekkies 0/10.

Francois du Plessis in aksie


Megan Herbst en Mnr. William Drinkwater sy is gekies vir Victrix Laudorum ouderdom groep 7-9 jaar en is die beste Baan atleet. Megan Herbst het 1ste plekke gekry met die 600m, 60m en 80m dogters 0/9

 


Ruben Herbst en Megan Herbst. Ruben is gekies as die Victor Laudorum ouderdomsgroep 7-9 jaar. Hy het 1ste plekke gekry in die 600m, 60m en die 80m seuns 0/9

 


Olwen Botha het die volgende plekke behaal 2de in die 100m en 2de met Verspring seuns 0/13

 


Marie Zwarts het plekke gekry in die volgende: 2de 60m en 2de 80m dogters 0/7

 


Maggi Swart het die volgende plekke behaal: 3de Verspring en 1ste 70m Hekkies dogters 0/10

 


Olwen Botha in aksie

 


Tryphena van der Merwe het ‘n 1ste plek in spiesgooi en ‘n 2de plek in driesprong dogters 0/19 behaal

 


Hoffman Haasbroek het die volgende plekke behaal: 1ste 300m Hekkies, 1ste 400m, 1ste 200m en 1ste spiesgooi seuns 0/15

 


Zander Pelser het ‘n 1ste plek gekry met die 1200m seuns 0/11

 


Hoffman in aksie

 

Delaine Jordaan het ‘n 3de plek in spiesgooi dogters 0/16 behaal

 

Marni Kotze het ‘n 2de plek in die 800m en 2de plek met die 1500m dogters 0/17 behaal


Khanyisile Cindi in aksie.

 


Marni Kotze in aksie

 


JP Jordaan het die volgende plekke behaal: 1ste met die 400m, 2de met die 200m en 3de met verspring seuns 0/16

 


JP Jordaan in aksie

 


Jaco Haasbroek – 3de 200m, 2de 400m, 3de 100m seuns 0/17

 


Allen Munich het ‘n 2de plek in driesprong en 3de plek in verspring seuns 0/19 gekry. Rikus Fourie het ‘n 3de plek in driesprong en 2de plek met die 100m seuns 0/19

 


Morgenzon Landbou Akademie hou Interhuis

MLA het Interhuis die 19de Januarie 2011 gehad waar die Maxims en Mausers teen mekaar deelgeneem het.

Ons leerders het almal hul beste gegee en baie het hul stembande losgemaak om die Geesbeker te wen.

Ons sê baie dankie aan al die ouers se ondersteuning en samewerking, so ook die onderwysers.

Die span wat die Geesbeker gewen het is die Maxims en die Wenspan met die meeste punte (1331) was die Mausers.

Baie geluk aan al die leerders ons is baie trots op julle!!


Ons Junior Primêr Victrix (0/7-0/9) is oorgehandig aan Megan Herbts en haar ABSA punte in totaal was 1330

 

Ons Junior Primêr Victor (0/7-0/9) is Ruben Herbts en sy ABSA punte in totaal was 1172

 


Senior Primêr Victrix (0/10-0/13) is oorgehandig aan Lana Roux en haar ABSA punte was 2930


Senior Primêr Victor (0/10-0/13) is oorgehandig aan Dian Saaiman en sy ABSA punte was 2319

 


Junior Sekondêr Victrix (0/14-0/16) is oorgehandig aan Marcell Pienaar en haar totale ABSA punte was 3025

 


Junior Sekondêr Victor (0/14-0/16) is oorgehandig aan Hoffman Haasbroek en sy totale ABSA punte was 2889

 


Senior Sekondêr Victrix (0/17-0/19) is oorgehandig aan Tanya Blignauht en haar totale ABSA punte was 3095

 

Senior Sekondêr Victor (0/17-0/19) is oorgehandig aan Rikus Fourie en sy totale ABSA punte was 3071

 


Ons beste baanatleet Primêr (0/7-0/13) is Megan Herbts

 


Ons beste veldatleet Primêr (0/7-0/13) is Gerco Smit

 

Ons beste baanatleet Sekondêr (0/14-0/19) is Jaco Haasbroek


Ons beste veldatleet Sekondêr (0/14-0/19) is Hoffman Haasbroek

 


Ons ouers het ook bietjie opwarming gedoen vir die aflos! Onderwysers het teen die ouers meegeding.

                                                                                                                                                                                                                                                       


 

Sien die Foto Galery vir meer fotos van ons Rugby, Netbal, Hokkie en Perdesport

  


Perdesport

Al die inligting wat u benodig t o v die skole-liga kan u hier afhaal:

Equestrian League 

 

Die volgende MLA leerders is verkies tot die 2011 Mpumalanga span:

Hierdie leerders gaan vanaf 6 - 8 Augustus 2011 aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelneem te Kaylami (Gauteng).

 

1.  Marnus du Toit

2.  Mariëtte Bothma

3.  Armand Janse van Niewenhuizen

4.  Tristan Mostert

5.  Kiara Mostert

 

 Agter v.l.n.r.:  Marnus du Toit, Mariëtte Bothma, Armand Janse van Niewenhuizen, Tristan Mostert

Voor v.l.n.r.:  Kiara Mostert


Jukskei

 Op 27 Augustus 2011 het  MLA se Jukskei-spanne te Secunda deelgeneem en uitstekend gevaar. Die uitslae is as volg:

 

-  Laerskool seuns B-span, alhoewel hulle alleen in die Liga speel, speel hulle baie goed;

-  Laerskool seuns A-span eindig 2de;

-  Dogters O/16 A-span, eindig 4de;

-  Dogters O/19 A-span, eindig 2de;

-  Seuns O/16 A-span, ten spyte van baie sterk kompetisie, eindig hierdie span 3de van ses skole;

-  Seuns O/16 B-span, eindig 2de;

-  Seuns O/19 A-span, eindig eerste en loop voor met 14 punte;

-  Seuns O/19 B-span, eindig eerste en loop voor met 1 punt.

 

Ons wil graag die spanne wat nie eerste geëindig het nie, sterkte toewens, alles is nog nie verlore nie. Byt vas, werk hard en die resultate sal wys.

Die spanne wat eerste gekom het, byt vas, julle kan!

Daar was regtig baie ouers wie ons leerders kom ondersteun het, ons wil graag aan elkeen van hierdie ouers dankie sê vir hulle tyd en moeite, ons as afrigters en die spelers waardeer dit ongelooflik baie! Baie dankie ook aan Mev. Yolanda Koen wie ons spelers vergesel het.

Die finale liga word hierdie Saterdag, 3 September 2011, by ons te MLA aangebied. Ons versoek graag dat die ouers en leerders ook hier ons spelers sal kom ondersteun.

 

 

Vanaf 11 - 17 Desember 2010 het MLA se jukskei leerders Mpumalanga verteenwoordig by die SA Kampioenskappe wat jaarliks in Kroonstad plaasvind. Bernard vd Schyff is gekies vir die Blesbok streekspan waaruit die Suid Afrikaanse spanne gekies word.

Ater, lnr: Bernard vd Schyff, Dejan Botha, Francois du Preez, Johann Grobler, Kobus Joubert
Voor, lnr: Olwen Botha, Conrad vd Schyff, Gerrit Yzelle, Marizka Meyer, Arno Geldenhuys


 

Skaak

 

Die volgende leerders, Cor Joubert en Hardus Joubert, het deelgeneem aan die Gert Sibande Skaak Kampioenskappe en onderskeidelik O/12 eerste plek behaal en O/18 tweede plek.

 

V.l.n.r.: Cor Joubert, Hardus Joubert

 

Morgenzon Landbou Akademie is baie trots op ons skaakspanne. Die eerste skaakspan het tweede geëindig in die Gert Sibande Liga en sal op 15 Augustus deelneem aan die Mpumalanga Finale.

 

Agter v.l.n.r.: Mnr. Cor Joubert (afrigter), Jaco Joubert, Daru Botha, Hardus Joubert

Voor v.l.n.r.: Dejan Botha, Cor Joubert, Allen Munnich

 


 

 

Rugby

 

MLA EERSTE SPAN 2011

Agter v.l.n.r.: Christo Koen, Lieno Nel, Dawie Pieterse, Jan-Willem van der Westhuizen, Izak Lochner, Daru Botha

Middel v.l.n.r.: Maarten Maré, E.T. Pfuhl, Marlin Eksteen, Jaun-dré Botha, Kobus van Aswegen, J.P. Jordaan, Niklaas Prinsloo

Voor v.l.n.r.: Morné Janse van Rensburg, Adriaan Cilliers, Werner Els (Kaptein), Mnr. Cor Joubert (Afrigter), Rikus Fourie, Juandrey Symmons, Allen Münnich

 


 

Morgenzon Landbou Akademie was hierdie jaar besonders bevoorreg deur een van sy leerders verkies te hê tot die Puma-span. Werner ons is baie trots op jou en glo dat jou toekoms blink vir jou knipoog!

 

V.l.n.r.: Werner Els, Mnr. Cor Joubert (afrigter)

 




  Address:
Die Bult, Morgenzon
Tel :017 793-3089 of 017 793-3058
       


       

Kwikwap Webwerf Konsultant: Engela


Besoekers tot datum: 67327 Webwerf ontwikkel deur Kwikwap