Search:
Akademie

 

MLA Akademie


Akademie is ons hoogste prioriteit.


Kwartaalliks word die top tien presteerders uit die Hoërskool sowel as die Laerskool aangewys.

MLA maak gebruik van ‘n puntestelsel asook `n dissiplinêre stelsel, leerders word aan die einde van die jaar vergoed vir hulle volgehoue prestasie in die klas.

Klasontwrigting word onder geen omstandighede geduld nie.

Wat MLA uniek maak is die feit dat teorie prakties gedemonstreer en self gedoen kan word, met die landboupraktyke wat toegepas word op die plase.


MORGENZON LANDBOU AKADEMIE GR.12'S 2011 PRESTEER

 

Morgenzon Landbou Akademie is weereens gedurende die jaarlikse Mpumalanga Onderwys Toekenningseremonie vereer vir sy 2011 100% Matriekslaagsyfer. Die groot eer het Mnr. Drinkwater weer te beurt geval om 'n trofee en sertifikaat namens die skool in ontvangs te neem.

MLA is dan ook aangewys as een van die Top 10 skole in Mpumalanga!

Die Hoof en personeel wil graag alle dank aan ons Hemelse Vader gee en ook aan elke 2011 Matrikulant en personeellid.

 

Hier neem Mnr. Drinkwater die trofee en sertifkaat in ontvangs.

 


 

TOP 10 Leerders vir die Vierde Kwartaal 2011

 

Gr. 4

Lariza Nel

Francois du Plessis

 

Vlnr : Francois du Plessis, Lariza Nel

Gr. 5

Joey van Aswegen

Gerco Smith

Anika Bam

Vlnr : Anika Bam, Joey van Aswegen, Gerco Smith

Gr. 6

Morgan Mostert

 

Gr. 7

Corne Lacante

Gr. 8

Hendrik Prinsloo

Sarina Haasbroek

 

Vlnr : Hendrik Prinsloo, Sarina Haasbroek

Gr. 9

Mariëtte Bothma

Giepie Janse van Rensburg

 

Vlnr : Mariëtte Bothma, Giepie Janse van Rensburg

Gr. 10

Dejan Botha (afwesig met neem van foto)

Arno Geldenhuys

Marizka Meyer

Bernard van der Schyff

 

Vlnr : Arno Geldenhuys, Marizka Meyer, Bernard van der Schyff

Gr. 11

Marni Kotze

Lucia Engelbrecht

Johann Grobler

Jaap de Villiers

 

Vlnr : Marni Kotze, Lucia Engelbrecth, Jaap de Villiers, Johann Grobler


GASVRYHEIDSTUDIES & TOERISME

 

Op 31 Augustus 2011 het Mev. Batsie Odendaal en haar leerders weereens 'n uiters suksesvolle Restaurantaand gehad. Die leerders het hulle puik van hulle taak gekwyt en was die kos uit die boonste rakke!

Ons bedank dan in besonder Mev. Batsie Odendaal vir al haar hardewerk en bystand aan ons leerders, en dan natuurlik die leerders wat die aand besonders gemaak het:

 

Die Kokke:

Marni Kotze (nagereg)

Lucia Engelbrecht (nagereg)

Sumari Fourie (Vleis & Pepersous)

Marilee Welch (Vleis & Groente)

Marchelle Engelbrecht (Voorgereg & Nagereg Garnering)

Manie Swanepoel (Voorgereg & Aartappels)

Thercia Meyer (Voorgereg & Marinade)

 

Die Kelners:

Delain Jordaan

Cindy Wilken

Monique Reynecke

Marizka Meyer

Sonike Brandt

 

Die aand se Spyskaart was as volg:

Voorgereg:

Garnaalslaai met soetrissie-sous

Hoofgereg:

Beesfilet met Pepersous, bedien met gebakte aartappels en gebraaide groente.

Nagereg:

Brownies met sjokoladesous.

Koffie

 

Vir verdere foto's besoek gerus ons Foto Gallery.

 


 


MLA Top 10 leerders  Eerste Kwartaal 2011

Top 10 Gr. 4 

Top 10 Gr. 5 

Top 10 Gr. 6 

Top 10 Gr. 7 

Top 10 Gr. 8 

Top 10 Gr. 9

Top 10 Gr. 10 

Top 10 Gr. 11 

Top 10 Gr 12


MORGENZON LANDBOU AKADEMIE GR 12'S 2010 PRESTEER

 

Gedurende die jaarlikse Mpumalanga Onderwys Toekenningseremonie, wat plaasgevind het op Vrydag 14 Januarie 2011, het ’n groot eer die hoof van Morgenzon Landbou Akademie, mnr. William Drinkwater, te beurt geval. Hy het ’n trofee en sertifikaat in ontvangs geneem, omdat die skool se matrikulante van 2010 ’n 100% slaagsyfer behaal het. Na ’n volledige analise van die prestasies van Mpumalanga se hoërskole het Morgenzon Landbou Akademie ’n algehele vyfde plek uit 524 skole behaal. Verskeie onderskeidings is ook deur die leerders verwerf.

Die skool spog met die feit dat daar gedurende die afgelope vier jaar net een leerder was wat nie matriek geslaag het nie.

Redes wat na vore gekom het vir die skool se goeie prestasie is:

  • baie leerders is reeds vanaf hulle laerskooldae in die skool waar ’n goeie grondslag gelê word
  • die die meeste leerders is woonagtig in goed toegeruste koshuise waar onder toesig klem gelê word op goeie akademiese prestasie
  • die skool beskik oor goed gekwalifiseerde onderwysers met baie ondervinding.

Die hoof, personeel en leerders is baie dankbaar oor Genade van Bo en voel opreg trots op ons 2010 Matrikulante se prestasies!

Akademiese Prestasies 2010 (pdf dokument)

 


 

Sien INLIGTINGSBLAD vir Vakkeuses

 


 



  Address:
Die Bult, Morgenzon
Tel :017 793-3089 of 017 793-3058
       


       

Kwikwap Webwerf Konsultant: Engela


Besoekers tot datum: 67331 Webwerf ontwikkel deur Kwikwap