Morgenzon Laerskool
Grondslagfase Lees en Praat Fees
Morgenzon Landbou Akademie se Laerskool leerders het op 20 September 2011 deelgeneem aan die Grondslagfase se Lees en Praat Fees gehou te Ermelo. Ons kinders het baie goed gevaar en is ons baie trots op hulle sowel as op ons onderwysers wat weereens bewys het dat hulle van uitstaande gehalte is!
Ons uitslae was as volg:
Gr. 1: Mthokozisi Nkonyane behaal eerste plek in Afrikaans lees en ontvang ook 'n Trofee vir die algehele wenner in die leeskategorie vir Gr. 1.
Gr. 2: Jenny Botha behaal eerste plek in Afrikaans lees asook tweede plek in Engels lees.
Gr. 3: Martiens Jansen van Vuuren behaal eerste plek in Afrikaans lees en ontvang daarmee saam ook die boekprys.

V.l.n.r.: Mthokozisi Nkonyane, Jenny Botha en Martiens Jansen van Vuuren
Laerskool - Jeugkrag Atletiek
Morgenzon het 9 Februarie 2011 aan atletiek by Jeugkrag Standerton deelgeneem. Ons kinders het 8 eerste plekke, 5 tweede plekke en 5 derde plekke gekry. Dehan Saaiman het baie goed gevaar hy het ‘n 1ste plek in Diskusgooi 0/13, 1ste plek Spiesgooi 0/13 en ‘n 2de plek in Gewigstoot 0/13. Francois du Plessis 1ste plek 70m Hekkies 0/10 en 3de plek in Hoogspring 0/10.
|
Dehan Saaiman

|
Francois du Plessis in aksie met sy 70m Hekkies 0/10
|
|
Ruben Herbst twee 1ste plekke in 60m en 80m 0/9
|
Megan Herbst twee 1ste plekke in 60m en 80m 0/9
|
|
Francois du Plessis
|
Zander Pelser 1ste plek 1200m 0/11
|
|
Lana Roux twee 2de plekke in Hoogspring en Verspring 0/13

|
|
Laerskool Valentynsbal, 2011
|
Jan-Hendrik Zwarts en Marie Zwarts
|
Sheldon Coetser
|
|
Thando Zungu Gr. 1
|
|
Morgenzon Landbou Akademie Veldskool
MLA se Gr 6 en 7 leerders was op veldskool gedurende die week van 25 Oktober 2010. Hulle het die pragtige Amsterdam, met sy lowergroen heuwels en natuurskoon, besoek. Die leerders het baie geleer omtrent die natuur en veral spinnekoppe en skerpioene was op almal se lippe (en senuwees). Daar is ook self vuurgemaak en gebraai, iets vir wie sommige meisies ‘n nuutjie was. Die hindernisbaan was groot pret, veral na die vorige aand se reënbui. Die reën was welkom vir die omgewing en dit het meegebring dat die kinders groot kaskenades gehad het in die nat, modderige veld. Dankie aan Amsterdam personeel vir hulle gasvryheid en heerlike kos, asook MLA wat aan ons ‘n geleentheid gebied het waaroor ons nog lank gaan gesels.



MLA Laerskool sport blink uit
Op 16 en 23 Mei 2010 het MLA se laerskool sport op Amersfoort en Carolina onderskeidelik deelgeneem. Hierdie twee dae het ‘n rondomtalie plaasgevind en is daar teen verskeie skole deelgeneem.
Die volgende uitslae:
- Rugby:
- Die rammetjie rugbyspan het op Carolina 2 van die 3 wedstryde gewen, en op Amersfoort het hulle 3 gewen en 1 gelykop gespeel.
- Die 0/11 rugby span wen 3 van die 5 wedstryde wat hulle speel.
- Die 0/13 rugby span wen 4 van die 5 wedstryde wat hulle speel.
Baie geluk aan hierdie rugbyspanne met hul mooi prestasies.
- Netbal:
- Die poplappe het op Amersfoort 4 wedstryde gespeel, waarvan hulle 2 gewen het en 1 gelykop gespeel het.
- Op Carolina het die poplappe 2 wedstryde gespeel waarvan hulle 1 gewen het.
- MLA se 0/12 netbalspan het op Amersfoort 4 wedstryde gespeel waarvan hulle 2 gewen het, en op Carolina het hul 2 wedstryde gespeel waarvan hulle 1 gewen het.
- Baie geluk aan hierdie netbal dogters met die mooi prestasies. Ons is trots op julle!
Baie dankie aan Amersfoort en Carolina vir ‘n baie suksesvolle dag, en dankie vir die puik reëlings en organisasie.



MLA Laerskool het die volgende doelwitte:
- Ons wil ‘n stimulerende leeromgewing vir leerders skep waarin hulle gebalanseerd en in elke opsig kan groei en ontwikkel. Dit is veral belangrik dat hulle leer om vir hulleself te dink en so gou as moontlik selfstandig begin werk. Ons klein klassies maak dit vir ons makliker om hierdie doelwit te bereik en aan elke leerder se eie persoonlike behoeftes aandag te gee.
- Ons wil onderwys van die hoogste moontlike gehalte aanbied en ons onderwysers het ‘n passie daarvoor om seker te maak dat elke kind die beste moontlike resultate behaal. Ons ken elke kind en sy of haar vermoëns, baie goed en maak seker dat elkeen soveel as wat hulle in staat is, by ons opvoedingsprogram baat. Ons gebruik verskeie hulpmiddels om leer te bevorder en beskik oor ons mooi plaas om leerders se belangstelling in wat ons hulle leer, verder te stimuleer.
- Ons beskou hartlike samewerking met die ouerhuis as baie belangrik en verneem graag wat die besondere behoeftes van ouers en van hulle kinders is. Hierdie goeie kummunikasie lei daartoe dat daar in die fynste besonderhede na leerders se behoeftes omgesien kan word.
- Ons is gemeenskapsgerig en voorsien ‘n diens wat uniek is aan ons dorp en distrik. ‘n Professionele onderwys en opvoedingsdiens vir laerskoolkinders vanaf graad 1 tot graad 7. Ons is dus ook tot diens van ons gemeenskap en sy instellings om hulle drome vir ons kleiner kinders, te help bewaarheid.
- Ons laerskool beskik oor puik, doelmatige fasiliteite met genoeg speelplek en speelapparate, om te verseker dat deur speel, kinders se verbeelding en oorspronklikheid gestimuleer word, en hulle ook binne ‘n veilige ruimte aan sport- en kultuuraktiwiteite bekendgestel kan word. Ons benut ons besondere terrein, geboue en fasiliteite om ‘n unieke leer- en ontwikkelingservaring vir die jonger kind te skep.
- Ons stel die laerskoolkind bekend aan die mees gewildste sportsoorte en hulle neem op ligavlak aan kompeterend sportsoorte deel. So word die totale kind en sy ontwikkeling gedien, en gebalanseerd, vir die hoërskool voorberei.
- Sportsoorte wat beoefen word, is: atletiek, netbal, rugby, hokkie, krieket, landloop, skaak, gholf, perdesport(spring/dresseer/skou) en jeugskou met ‘n verskeidenheid diere.
- Leerders word aangemoedig om aan kulturele aktiwiteite deel te neem en dit behels redenaarskompetisies, revue, olimpiades en toneel. ‘n Groot groep van ons leerders is opgeneem in die Mpumalanga Hoëveld Jeugkoor.
- Sosiale geleenthede leer jonger kinders om by ander aan te pas en om vriendskap te kan geniet. Ons bied aan: vlotresies op ons skool se plaasdam, lente-aande waar die Lenteprins en –prinses gekroon word, speletjiesaande,video-aande en die Kroning van mej Sweetcorn (Gr 1-3) en mej Mielieblom (Gr 4-7) tydens ons jaarlikse Mieliefees.
- Daar word ook voorsiening gemaak vir Laerskool leerders in die koshuis.